Vierde in ‘n reeks van vier
Die koms van demokrasie
(c) Willem
http://www.loertoer.wordpress.com
Bridgewater, Somerset-Wes
Julie, 2023
My tekeninge, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Reisjoernaal oor Hier, asook Daar
Vierde in ‘n reeks van vier
Die koms van demokrasie
(c) Willem
http://www.loertoer.wordpress.com
Bridgewater, Somerset-Wes
Julie, 2023
My tekeninge, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Derde in ‘n reeks van vier
En leer die mens? ‘n Filosoof laat weet dat die enige les wat die mens van geskiedenis leer, is dat die mens nie van geskiedenis leer nie.
(c) Willem
http://www.loertoer.wordpress.com
Bridgewater, Somerset-Wes
Junie, 2023
My tekeninge, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers
Tweede in ‘n reeks van vier
As ons soms die mens suur aankyk, laat daar ook ‘n glimlag wees … dis ‘n vreemde, selfs absurde wese die mens.
Sisyphus
Machiavelli
Die koms van demokrasie
(c) Willem
http://www.loertoer.wordpress.com
Bridgewater, Somerset-Wes
Junie, 2023
My tekeninge, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers
Eerste in ‘n reeks van vier.
Die geskiedenis is ‘n ernstige besigheid, maar die mens sal nooit oomblikke van komedie kan vryspring nie. Ja, ons wil dit nie altyd erken nie, maar dis daar.
Sisyphus
Die val van Faust
Don Quixote, die windmeul en Wim
(c) Willem
http://www.loertoer.wordpress.com
Bridgewater, Somerset-Wes
Junie, 2023
My tekeninge, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Derde in ‘n reeks van drie
Iemand anders se droefenis word hier vir my beduidend. Dalk is dit dat ek self met sommige van my probleme hulpeloos voel, dat troos in die lewe selde werklik genesend is.
Tralies
Hulle sê jy dra die tralies
Saam met jou
Soos ‘n tjap draai jy daai tralies
Saam met jou
Wel, die freedom song is nou flou
Soos ‘n stad van staal, is daai tralies om jou
Soos ‘n tjap draai jy daai goed
Saam met jou.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Junie, 2023
“tjap” – tronktaal vir ‘n tatoeëring
My liriek / grafiek, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Tweede in ‘n reeks van drie
Ek het die mite van Ariadne ‘n bietjie omgekeer. Sy verleen hulp aan Theseus wat die Minatourus dood, hy neem haar van haar vadershuis om met haar te trou, maar verlaat haar op ‘n afgeleë strand. Dionusus sien dit, vlieg van Olimpus af en neem haar terug met hom. In my liriek is dit anders. Ek laat verdere kommentaar aan die leser oor.
Ariadne
Ariadne sit op die strand en ween
Hoe verskil die trane
En die reën?
Dionusus vlieg af soos ‘n seën
“Los daai swyn. Hy’s gemeen.”
Maar sy’t reeds verdwyn
In die reën.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Mei, 2023
My liriek / grafiek, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers
Tweede in ‘n reeks van twee
Tien minute se stap van die klooster af, staan hierdie – ja, fort is die woord wat dit beskryf. Die omhulsel meen ek is redelik modern, dalk 150 jaar oud. Die binne is Middeleeus. Hier het soldate in die onderste gedeelte gebly en bokant hulle, monnike. Dit was gebou na ‘n aanval van Sarasene uit Andaloesië uit, ‘n geskiedenis van ongelooflike wreedheid. Die kwesbare monnike is man vir man vermoor en die skreeëry, is gesê, kon van Antibes gehoor word, 80 kms. verder die kus op. Hierdie geskiedenis het later tot die Middeleeuse Togte teen die Muslims in Jerusalem tot gevolg gehad.
Die binne van die fort
Wat sterk by my bly, is die ervaring van die Kruis in die katedraal. Dit word Christ Suriant genoem – die Christus wat glimlag. Daar bestaan blykbaar nog vier sulke figure in Europa.
Christ Suriant
Die invloed van hierdie twee kloosters – vir monnike en nonne – was groot in Frankryk en elders. Vandag is Ste Margeurite grootliks ‘n hawe vir seiljagte. Ek sal nie kan sê of daar nog nonne daar is nie.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Mei, 2023
My foto’s, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Eerste in ‘n reeks van drie
Waarom hou ons soms van triestige, sommer droewige liede? Om hieroor te spekuleer kan ‘n openbaring wees. Ek skryf al jare lirieke in die Blues vorm en ek poog om ‘n breë omvang van gevoelens en temas te bereik – liede wat snaaks is, wat bitter is, triestig, stout en sinies. Daar is ook gewyde lirieke. Ek deel hiervan met ‘n knyp kommentaar.
Ontmoeting
Hier by die Styx-rivier
Ontmoet ek weer vir jou
Ek hoor jy’t hom gelos
Maar sal jy my onthou?
Ons het goed saam gelewe
Ons was sommer saam geweef
Maar as jy nie onthou nie
Sal ek jou vergewe
Dalk is die triestigheid hier te doen met verbrokkelde verhoudings in my lewe, mense wat ek nie kan vergeet nie. Dat dit by die Styx-rivier gebeur, verleen diepte, meen ek – dis nie sommer ‘n verbygaande oomblik nie. As daar nog waardering vir die vrou is, is dit blywend triestig.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Mei, 2023 (24)
My liriek en grafiek, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Tweede in ‘n reeks van twee
Tien minute se stap van die klooster af, staan hierdie – ja, fort is die woord wat dit beskryf. Die omhulsel meen ek is redelik modern, dalk 150 jaar oud. Die binne is Middeleeus. Hier het soldate in die onderste gedeelte gebly en bokant hulle, monnike. Dit was gebou na ‘n aanval van Sarasene uit Andaloesië uit, ‘n geskiedenis van ongelooflike wreedheid. Die kwesbare monnike is man vir man vermoor en die skreeëry, is gesê, kon van Antibes gehoor word, 80 kms. verder die kus op. Hierdie geskiedenis het later tot die Middeleeuse Togte teen die Muslims in Jerusalem gevolg gehad.
Waar die monnike geslaap het
Wat sterk by my bly, is die ervaring van die Kruis in die katedraal. Dit word Christ Suriant genoem – die Christus wat glimlag. Daar bestaan blykbaar nog vier sulke figure in Europa.
Christ Suriant
Die invloed van hierdie twee kloosters – vir monnike en nonne – was groot in Frankryk en elders. Vandag is Ste Margeurite grootliks ‘n hawe vir seiljagte. Ek sal nie kan sê of daar nog nonne daar is nie.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Mei, 2023 18
My foto’s, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers.
Onder, nie my foto nie, die eetsaal van die monnike
Eerste in ‘n reeks van twee
Al is dit ‘n aantal jare wat ek en Claudie die abdy van Lerins op die eiland St Honoré besoek het, sal die herinneringe nie vervaag nie. Dit is vreemd om te dink dat hierdie klooster wat in die koers van 400 n. C. ontstaan het, so naby die glansryke stad van Cannes is, waar die wêreldberoemde filmfees die sterre en beroemdes lok. Die monnike is toegwyd aan ‘n lewe wat net mooi die teenoorgestelde daarvan is.
In die baai van Cannes is daar twee eilande vyftien minute se ry per boot van die hawe af. Die een is St. Honoré en die ander Ste. Margeurite. Hulle was broer en suster van waar Belgie vandag is wat vroeg tot die Christengeloof bekeer is. Daarna het hulle die twee kloosters vir monnike en nonne gestig, minder as ‘n eeu nadat die geloof offisiëel in die Middellandse See aanvaar is. Die eilande was ook deur die Romeine bewoon.
‘n Romeinse sarkovaag
Oorspronklik is die kloosters Cistersiaans en vir ons wat vir ‘n paar dae daar gebly het, was ons etes in stilte gevoer. Dit is vir die moderne mens vreemd. Ons is so gewoond aan geraas en pratery. Ek bieg dat dit nogal ‘n impak op my en Claudie gemaak het.
‘n Bomlanseerder geplaas deur Napoleon
Ek het die eiland bietjie verken. Daar was geboue veel ouer as die katedraal wat seker 16de of 17de eeus was. Die wingerde het my aan die Boland laat dink. Die monnike het wyn gemaak, ‘n tradisie wat seker veel ouer as die Middeleeue was. En die likeur is lekker duur. En daar, tussen die bosse deur, op die baai gerig, was die bomlanseerders wat Napoleon laat bou het.
Katedraal
Ons het die Sondagdiens bygewoon. Die monnike se dreunsang, seker Gregoriaans, was onvergeetlik. Wat ons opgeval het, was die feit dat daar baie min jong monnike was. Seker ‘n teken van die tye.
© Willem
Bridgewater, Somerset-Wes
Mei, 2023
My foto’s, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers
Een van die geboue op die eiland, ten minste 1300 jaar oud.